Voel die Bosveld Aan Jou Lyf
Feel the African bushveld on your body
Hoekom hierdie kombinasie? Albei bestandele wilde salie en sitronella is bekend vir hulle muskietwerende effek. Indien jy ook bietjie wandel in die bos en so paar skrape opdoen help wilde salie ook om die wonde skoon te hou en help teen infeksies. Selfs diediere weet om hulle teen die wilde salie te skuur hou die peste weg.
Make vir die Bos
Made for the African bushveld
Bosseep hou die lastige muskiete eenkant sodat jy die bosveld kan geniet. Bosseep is ook ‘n ideale geskenk want dit lyk nie net
mooi nie maar dit werk ook regtig. Daar is 5 verskillende verpakkings met dieselfde bosseep in elk. Die rede vir verskillende verpakking: ons is almal verskillend en hou ons van verskillende kleur en ontwerp. So kan jy vir elke bosliefhebber ‘n bosseep gee na sy eie kleur en smaak. Almal hou van ons seep… dit is nou almal behalwe muskiete.
Is Moz Bos se Storie
The Story Behind Is Moz Bos
Die storie van dié besonderse bosseep het begin by ‘n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie in ‘n prentjiemooi bosveldlandskap gevind het. Erens op ‘n verlate grondpad in die verruklike Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek - in vervoering met die geurige struik wat so eg bosveld ruik het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander. Bondels en takke was bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak – en so het sy vertrek met ‘n tas vol wildesalie en ‘n kop vol drome.
Kort voor lank het sy met haar finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van ‘n besonderse lyfprodukreeks wat geÏnspireer is deur die beeldskone eenvoud van die bosveld. IsMozBos se Bosseep is ‘n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die bosveld.
Bestanddele/Ingredients
- Stearic Acid
- Propylene Glycol
- Sodium Xylene Sulphonate
- Sodium Lauryl Sulphate
- Palm Kernel Acid
- Sugar
- Glycerin
- Aqua (Water)
- Sodium Hydroxide
- Sodium Chloride
- Parfum
- CI 19140